Olie sal in heerste helfte van ’24 styg

Simonis Storm het sy ekonomiese vooruitsigte vir die jaar gepubliseer. Die makelaarsfirma sê daar is ‘n komplekse wisselwerking van geopolitieke spanning veral in die Rooisee maar ten spyte hiervan het oliepryse nie werklik gereageer nie. Dit kan toegeskryf word aan ‘n kombinasie van faktore – ‘n gedempte globale vraag, ‘n robuuste aanbodraamwerk, en ‘n toename in spekulatiewe kortverkope. Onder hierdie omstandighede, word daar ‘n matige styging in oliepryse voorspel, met die potensiaal om tussen 80 tot 85 Amerikaanse dollar per vat te bereik in die in die eerste helfte van 2024.