Olie sak verder terug vanoggend

Oliepryse het vanoggend met meer as 2 Amerikaanse dollar per vat gedaal, na ‘n tweede agtereenvolgende weeklikse daling nadat wêreldverbruikers planne aangekondig het om ‘n rekordvolume ru- en olieprodukte uit strategiese reserwes vry te stel, en namate China-inperkings voortduur. Kommer oor China se groei was die hoofrede vir die daling in oliepryse vandag, met Sjanghai se inperking wat geen tekens van opheffing toon nie. Vrese neem ook toe dat die vlaag infeksies na ander stede in die land versprei. Rondom 1,3 miljoen ekstra vate sal daagliks vir ses maande vrygestel word deur lidlande van die Internasionale Energie-agentskap en die VSA. Op die oomblik verhandel Brent net bo 100 Amerikaanse dollar ‘n vat.