Olie raak kriewelrig met Midde-Ooste spanning
Oliepryse het vanoggend in handel gestyg te midde van toenemende spanning in die Midde-Ooste na die dood van ‘n Hamas-leier in Teheran, Iran. Brent het in die afgelope 24 uur met 3 persent gestyg en verhandel net onder 82 Amerikaanse dollar ‘n vat. Hamas-leier, Ismail Haniyeh, is Woensdag vermoor. Dit het kommer laat ontstaan dat die konflik in Gaza kan uitbrei wat kan lei tot ontwrigting in olievoorsiening uit die streek. Daar is kommer veral omdat Iran beheer het oor die Straat van Hormuz wat tussen die Persiese Golf en die Golf van Oman geleë is.