Olie klim na VSA, VK Jemen aanval

Oliepryse het vanoggend met meer as 2 persent gestyg na die Verenigde State en Brittanje aanvalle teen Houthi-militêre teikens in Jemen uitgevoer het in weerwraak vir aanvalle deur die Iran-gesteunde groep op skepe in die Rooisee wat van laat verlede jaar voortduur. Die Amerikaanse en Britse aanvalle is een van die mees dramatiese demonstrasies tot nou toe van die uitbreiding van die Israel-Hamas-oorlog in die Midde-Ooste, iets wat die VSA sê hy wou keer. Brent verhandel op die oomblik net onder 79 Amerikaanse dollar ‘n vat.