Olie is soos die tabakbedryf – hy sal daal
Daar is teenstrydige berigte oor die toekoms van olie. Die Internasionale Energie-agentskap sê olie sal sy kruin teen 2030 bereik as gevolg van elektriese voertuie, terwyl Opul sê vraag sal groei tot 2050. Watter een ook al korrek is, dit sal Namibië direk raak en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper oor sy mening. Hy het die olie-bedryf met die tabakbedryf vergelyk.