Olie is bestendig, sluit week op hoë noot af

Brent ru-oliepryse het die week afgesluit op net meer as 85 Amerikaanse dollar ‘n vat na die kommoditeit met amper 10 persent in sewe dae gestyg het. Die prysstyiging is aangedryf deur besnoeiing in produksie deur Opul-lede wat na beraming amper 3,7 persent van internasionale vraag sal terughou. Daar is kommer in die mark en om sake te vererger het Amerikaanse olie-reuse ook produksie verminder wat toekomstige voorrade raak. Die plaaslike brandstofprys is onveranderd gelaat oor Maart se prys vir Brent wat tussen 70 en 75 Amerikaanse dollar vertoon het, maar daar sal ‘n verhoging wees vir Mei-maand omdat daar onderverhalings in die petrolprys aangeteken is en die prys het skerp gestyg.