Olie-geld nie nodig vir groen waterstof projek: Mnyupe
Volgens ‘n onlangse Green Hydrogen Monitor-verslag wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vrygestel is, sal die koste van groenwaterstof-projekte meer wees as die land se BBP. Die verslag sê die enigste manier waarop Namibië die projek kan finansier, is om sy potensiële winste uit olie te gebruik. Dit is hoe Mosambiek groot internasionale lenings kon bekom vir sy visserye-sektor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, wat sê die stelling is ongegrond.