Olie- en gasbedryf staan voor kritieke besluit

Die Internasionale Energie-agentskap sê die olie-en gasbedryf staar ʼn oomblik van waarheid in die gesig en moet kies om óf die klimaatskrisis te vererger óf skoon energie te aanvaar. Die agentskap se nuwe verslag bevat ʼn strategiese plan vir ʼn regverdige oorgang na ʼn toekoms sonder vrystellings vir die bedryf. Volgens die verslag moet olie- en gasprodusente wat hulle volle samewerking wil gee om die Parys-ooreenkoms se doelwitte te bereik, teen 2030 50 persent van hulle beleggings aan skoon energie gee in plaas van die huidige 2,5 persent.