Olie en Angola… waarmee is GRN besig?
President Nangolo Mbumba is na ‘n besoek aan Angola vol lof vir die land se oliebedryf. Hy sê Namibië sal Angola se model vir olie- en gasontwikkeling aanneem. Reaksie is ontvang van Frederico Links, ‘n navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê Angola en ook Ekwatoriaal-Guinee se regerings het hulle olie-bates geplunder, maar nou word hulle deur die Namibiese regering geprys.