Olie daal na VSA data druk op huishoudings toon

Oliepryse het vanoggend in vroeë Asiatiese handel gedaal nadat ‘n opname swakker Amerikaanse verbruikersvraag getoon het en terwyl handelaars wag  op die vrystelling van belangrike ekonomiese data van China, die wêreld se grootste ru-invoerder. Brent verhandel tans net onder 82 Amerikaanse dollar en 30 sent ‘n vat. Amerikaanse verbruikersentiment het in Junie tot ‘n laagtepunt van sewe maande gedaal, met huishoudings wat bekommerd is oor hul persoonlike finansies en inflasie.