Olie-bedryf: Plaaslike inhoud is ononderhandelbaar

Die regering sê die nakoming van die plaaslike inhoudsbeleid in die olie-bedryf is verpligtend vir enige beleggers in die gebied. Maggy Shino, die petroleumkommissaris sê plaaslike inhoud, veral stroom-op in die bedryf, is nie ‘n opsie nie. Die beleid poog om werk te skep, Namibiërs op te lei, en die oordrag van tegnologie, vaardighede en kennis moontlik te maak. Gelyke deelname moet verseker word. Shino sê plaaslike inhoud moet sigbaar wees in industrialisasie, die versterking van kapasiteit en die ontwikkeling van vaardighede.