Old Mutual befonds 307 huise in Rundu

Old Mutual se Tunga Real Estate Fund het befondsing beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van 307 gedienste erwe in Kaisosi op Rundu. Die projek word in fases geïmplementeer en sal groei soos vraag na behuising toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Mufaro Nesongano, Old Mutual se bestuurder vir kommunikasie gepraat.