O&L Leisure verskuif fokus na premium-kliënte: Thieme

O&L Leisure se Strand Hotel Swakopmund is vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as “Namibië se Voorste Strandhotel 2024” by die Wêreldreistoekennings Afrika-geleentheid wat in Kenia gehou is. O&L Leisure is ‘n filiaal van die Ohlthaver & List-groep. Volgens O&L Leisure beklemtoon die erkenning die hotel se uitstaande diens en uitnemendheid in gasvryheid, wat sy posisie as ‘n vooraanstaande bestemming verstewig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sven Thieme, die uitvoerende hoof van Ohlthaver & List, sê dat hulle premium-kliënte begin teiken om Namibië ten toon te stel.