Okh-pensioenaris uit N$49 000 bedrieg

‘n 79-jarige man van ‘n plaas naby Hochfeld in die Okahandja-distrik het die slagoffer geword van ‘n bedrogspul. Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie het ‘n vroulike verdagte die slagoffer telefonies gekontak en valslik beweer dat sy ‘n werknemer van FNB is. Sy het hom ingelig van ‘n verdagte onttrekking van 4 000 Namibiese dollar uit sy rekening en aangebied om die transaksie om te keer. Die slagoffer het al sy sensitiewe inligting, sowel as sy eenmalige wagwoord aan die vrou gegee en is van net meer as 49 000 dollar beroof. ’n Ondersoek is gelas.