Okh-inwoners sit met hul hande in hul hare

Die nou-beleërde groep inwoners van informele nedersettings op Okahandja sukkel steeds om uitsluitsel te kry oor behuising en erwe. Die groep het al verskeie protesoptogte op die dorp gehou en hulle het ook al die kantore van die eerste minister en die lynminister, Erastus Uutoni genader. Die leier, Sydney Gariseb die minister stuur hulle van bakboord na stuurboord en so kry hulle geen antwoorde nie. Gariseb sê hulle is op om rondgestuur te word maar, hulle sal nie tou opgooi nie.