Okh-inwoners ruk weer op, in Windhoek
Dienslewering bly in die nuus. Die vasberade inwoners van Okahandja se informele nedersettings wat veg om grond en dienste te kry, het belowe om hul stryd voort te sit totdat hul versoeke beantwoord word. Die groep gaan ‘n optog op 7 September in Windhoek saam met inwoners van verskillende informele nedersettings hou. Groepleier, Sydney Gariseb, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en doen ‘n beroep op inwoners van alle nedersettings in die hoofstad om by hulle aan te sluit.