O’Keeffe weer Saterdag die skeidsregter

Die Springbokke gaan Saterdag ʼn bekende gesig raakloop in hulle Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland met die Nieu-Seelander, Ben O’Keeffe, weer die skeidsregter. Hy was ook die man met die fluitjie in Suid-Afrika se kwarteindstryd teen die gashere, Frankryk. O’Keeffe sal bygestaan word deur sy landgenoot, Paul Williams, en Andrew Brace van Ierland, terwyl nog ʼn Kiwi, Brendon Pickerill, die televisieskeidsregter sal wees. In Vrydag se eerste halfeindstryd tussen die All Blacks en Argentinië is Angus Gardiner van Australië die skeidsregter. Jaco Peyper van Suid-Afrika is nie oorweeg nie omdat hy beseer is gedurende die kwarteindstryd tussen Argentinië en Wallis.