O’Keeffe neem nie Dupont se kommentaar persoonlik op nie
Die Nieu-Seelandse skeidsregter, Ben O’Keeffe, sê hy neem Antoine Dupont se aanmerkings oor hom nie persoonlik op nie. Die kaptein van Frankryk was krities oor sy hantering van die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Suid-Afrika, wat die verdedigende kampioene met 29-28 gewen het. Dupont het agterna gesê hy is nie seker of die hantering van die fluitjie op die vereiste standaard was nie. O’Keeffe sê hy het begrip dat die opmerkings in die hitte van ʼn emosionele oomblik gemaak is. Hy sal ook die fluitjie hanteer in die Bokke se halfeindstryd Saterdag teen Engeland in Parys.