Okavango-waterplan uiteindelik uit die blokke uit

Die kabinet het reeds op 27 Februarie die projek, om water van die Okavangorivier na die Berg Aukas-stelsel toe te pomp, goedgekeur. Die plan is reeds sedert 1974 deel van die sogenaamde Meesterplan vir watervoorsiening in die sentrale gebied, veral nou, met die erge droogte, maar, dit sal tot sewe jaar neem, en 7 miljard Namibiese dollar neem voor dit voltooi is. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia gepraat.

Ontsouting is ook op die boeke met water wat van die kus na die sentrale gebied gepomp sal word. ‘n Studie is reeds deur konsultante SLR in 2021 voltooi. Nehemia sê die projek sal in drie fases uitgevoer word.