Okavango-rivier styg, Ruacana-vloei ook

Die vloei van die Kunene-rivier vertoon effe beter by die Ruacana-hidroëlektrisiteitsaanleg met 89 kubieke meter per sekonde wat aangeteken is. Dit is nog steeds uiters laag maar is beter as die gemiddeld van 70 van in die afgelope tyd gemeet is. Volgens die Namibiese Hidrologiese-diens styg die vlakke van die Okavango-rivier ook by Rundu en is op 5,12 meter gemeet. Die Zambezi-rivier daal stadig met 4,24 meter wat deur die diens aangeteken is. Intussen sak die vlakke van die iishana by Shanalumono en Okatana ook en is op die oomblik op 0,35 en 0,39 meter onderskeidelik aangeteken.