Okahao se straathandelaars moet registreer, of…

Informele handelaars op Okahao is deur owerhede gewaarsku om te registreer of ‘n 2 000 dollar boete te betaal en/of ses maande se tronkstraf uit te dien. Dit volg nadat die stelsel vir handelaars op die straat in chaos verval het sedert 2017. Nampol se streeksbevelvoerder vir die Omusati-streek kommissaris Moses Simao het die handelaars gewaarsku dat net finale sertifisering aanvaar sal word. Die dorpsraad poog om weer sy munisipale wette onder beheer te bring en om te verseker die handelaars voldoen aan regulasies. Informele handel is uiters belangrik vir die ekonomie en dra tot 30 persent jaarliks by. Die bedryf beslaan ook 56 persent van Namibiërs wat werksaam is.