Okahandja stel (dringende) openbare konsultasies uit

Die eerste openbare konsultasie wat die bestuurskomitee van die Okahandja-dorpsraad vir vandag geskeduleer het om ontwikkelingsprogramme vir die dorp te bespreek, is gekanselleer. Die kantoor van die burgemeester sê in ‘n kennisgewing op sosiale media dat as deel van ‘n nasie in rou, is dit noodsaaklik dat die dorp respek betoon en by die routydperk vir wyle president Hage Geingob hou. Die dorpsraad verstaan die belangrikheid van inwoners se deelname om die toekoms van die dorp te help vorm en sal hulle in kennis stel sodra ‘n herskeduleerde datum bepaal is, lui die kennisgewing.