Okahandja se ligte is weer aan
Okahandja se kragtoevoer is ongeveer half-agt Woensdagaand herstel. Dit volg na ‘n kragonderbreking sedert vroeg Dinsdagoggend. ‘n Tydelike transformator is na die dorp gebring en met moeite gekoppel. Die stukkende transformator sal nou deur NamPower uitgebou word en ‘n nuwe transformator is reeds op pad na die dorp. Dan sal daar weer ‘n onderbreking voorkom terwyl die nuwe een ingebou word. Volgens wat berig word, het die ou transformator sy lewensduur bereik.