Okahandja se houtkerwers skop vas
Houtkerwers by die Okahandja skop vas teen ‘n munisipale besluit hulle sal verskuif na ‘n beoogde perseel langs die nuutgeboude Windhoek-Okahandja-snelweg. Daar is die afgelope tyd kommer uitgespreek oor die impak van die verbypad op die dorp, maar die groep sê bedrywighede sal vertraag word. Daar is 150 geregistreerde kerwers en hulle meen hulle is reeds 30 jaar daar met toerisme operateurs wat vertroud is met die ligging. Die munisipaliteit sê die nuwe perseel sal ook ablusie-geriewe verskaf en hulle meer sigbaar maak. Die groep wou die grond koop maar, die munisipaliteit sê dit is te naby aan die rivier wat oorstromings kan hê en daar is ‘n brandgevaar omdat dit so naby aan die vulstasie is, veral vir die weermag se hoofkantoor. Maar tog, die kerwers is reeds 30 jaar daar en die plaaslike owerheid het nog nooit melding daarvan gemaak nie.