Okahandja-kragonderbreking weens onderhoud

Cenored het aangekondig daar sal ‘n kragonderbreking in Okahandja wees tot 6-uur vanmiddag, weens noodsaaklike onderhoud wat op die Osona Omatako-basis se 66 kilovolt-lyn gedoen word. Die hele dorp word geraak, insluitend die noordelike, suidelike en oostelike erwe, Vyf rand-kamp, Veddersdal, Okahandja winkelsentrum, SAB Miller, die MTC/Telekom torings, en Namwater DWA. Kliënte op die Ovitoto/Okamboro 11 kilovolt lyn sal ook nie krag hê nie, insluitend in Okamboro, Ovitoto, die MTC/Telekom torings en Namwater DWA.