Okahandja-inwoners stoei voort

Okahandja-inwoners wil verbeterde toegang tot grond en dienste hê, asook voorafbetaalde watermeters. Inwoners van die Promised Land-informele nedersetting beweer dat hulle by verskeie geleenthede versoeke aan die Okahandja-munisipaliteit gerig het, maar dit word geïgnoreer. Sidney Gariseb, ‘n woordvoerder van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die inwoners word slegs tydens die stemseisoen deur die raadslede geken.