Okahandja-inwoners gaan vergader oor Redforce

Redforce blyk nog steeds ‘n probleem te wees in verskeie dorpe. Onlangs was die Walvisbaai inwoners in rep en roer oor Redforce se teenwoordigheid in die kusdorp wat gelei het tot die kansellasie van Redforce se kontrak. Daarna het die howe in Redforce se guns beslis en is die skuldinvorderaar weer operasioneel in Walvisbaai. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die gemeenskap-aktivis Sydney Gariseb, wat sê Okahandja-inwoners was nie bewus van Redforce in die dorp nie en gaan komende Sondag ‘n vergadering hou.