Okahandja-hoof: Geen rede om kontrak met Red Force te kanselleer
Die uitvoerende hoof van die munisipaliteit van Okahandja, Alphons Tjitombo sê daar is geen rede om die skuldinvorderings-kontrak met Red Force te kanselleer nie. Die uitvoerende hoof het geantwoord op ‘n brief van die Promised Land Residents Organisation, Plara, se voorsitter, Johannes Gaseb. Tjitombo sê Plara het geen regsgronde om op te staan om te eis dat Red Force se kontrak gekanselleer word nie. Hy sê buitendien is skuld ‘n vertroulike kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, gepraat.