Okahandja het steeds kragonderbreking

Okahandja ondervind tans ‘n kragonderbreking wat reeds Sondagmiddag begin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, gepraat, wat sê dat ‘n Nampower-transformator foutief is en dat die Nampower-amptenare tans besig is om die probleem op te los. 

Matengu sê hulle nie weet wanneer die kragprobleem herstel sal wees nie, maar hy maan inwoners om alle elektriese toerusting af te skakel.