Okahandja-aktivis kap Uutoni oor besoek aan dorp
Die Okahandja Munisipaliteit stel môre sy Strategiese Plan vir 2024-2029 bekend, en het die publiek uitgenooi om die geleentheid by te woon. Die plan sal ‘n nuwe strategiese rigting skep om die lewensomstandighede en -standaarde van alle inwoners en beleggers te verbeter. Die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, sal die dokument amptelik bekendstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die aktivis Sydney Gariseb, wat sê hy is ontsteld, want hulle vra al vir jare die minister om die dorp te besoek en na hul probleme te luister, sonder sukses. Maar nou skielik, omdat dit verkiesingsjaar is, kom besoek hy die dorp.