Ohio-man vas vir diefstal van ‘n brug

Die polisie in Akron, Ohio, het ‘n man in hegtenis geneem wat ‘n voetgangerbrug van meer as 17 meter lank gesteel het. Die brug het tydelik in ‘n stuk veld gestaan toe die 63-jarige David Bramley besluit het om dit vir hom te vat. Hy is egter vasgetrek en van diefstal aangekla nadat die polisie ‘n lasbrief bekom het om sy perseel deur te soek. Bramley het volgens berigte ‘n vragmotormaatskappy betaal om met ‘n hyskraan die brug vir hom te vervoer. Sy motief vir die diefstal is nog nie bekend nie.