Ohangwena-boere gewaarsku om nie Angolese wette te oortree nie

Die adjunk eerste minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, prys die Angolese regering omdat hy Namibiese boere toelaat om hul vee op sy grond te laat wei. Dit is weens ‘n gebrek aan weiding in die noordelike streke van Namibië. Sy het tydens ‘n gesamentlike vergadering in Helao Nafidi met die Angolese buitelandse betrekkinge-minister, Tete Antonio, ook die boere, meestal van die Ohangwena-streek, gewaarsku om nie Angolese wette te oortree nie. Verlede jaar is die boere beskuldig van verskeie oortredings, insluitend die omheining van gemeenskaplike grond, asook onwettige mynbou en oes van hout.