Oesnavorsingsplatform in Vrystaat geskep, vir Afrika ook

Die Universiteit van die Vrystaat in Mangaung se nuut-gevestigde Oesnavorsingsplatform gaan na verwagting kyk na Suid-Afrika en die groter Afrika-vasteland se oes-produksie-uitdagings. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Adré Minnaar-Ontong, sê as die navorsingsplatform uitdagings rondom oesproduksie aanspreek, sal dit nie net rolspelers in die bedryf help nie, maar ook kleinskaalse produsente en hul verwante gemeenskappe. Sy sê sy is opgewonde oor die moontlikhede wat die platform bied.