Oekraïnse President vra hulp, Moskou bly normaal

Oekraïne se president, Wolodimir Zelensky, het Europeërs met krygs-ervaring gevra om wapen op te neem en sy land teen invallende Russiese magte te verdedig. Sy dramatiese oproep om hulp volg terwyl Russiese soldate Oekraïne se hoofstad, Kiëf, nader en sommige eenhede volgens berigte reeds die stad se noordelike gebiede bereik het. Die 44-jarige leier sê ook die Weste is glad nie haastig om die Oekraïne te help teen die Russiese inval nie. Intussen word die situasie in die strate van die Russiese hoofstad, Moskou, as normaal beskryf. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Yury Tsvetkov in Moskou.