Oekraïnse leeu met ‘bomskok’ kry nuwe lewe in VK

‘n Oekraïnse leeu wat aan bomskok ly is op ‘n reis van meer as 2 200 kilometer per pad na die VK onderweg om ‘n nuwe lewe in ‘n toevlugsoord vir diere te begin. Yuna het sielkundige probleme en koördinasie-probleme na bomskerwe naby haar hok geval het. Sy en ‘n mannetjie-leeu, Rori, is die eerste van vyf leeus wat gered word. Yuna het aan wanvoeding gelei, met ernstige harsingskudding en is in ‘n hokkie van twee-by-vier-meter aangehou. Een van drie welpies wat later ook na die VK gebring gaan word is glo vir ses maande in ‘n woonstel aangehou.