Oekraïnse judokas gaan nie in Katar deelneem
Judo: Judokas van Oekraïne gaan nie dié maand aan die wêreldkampioenskap in Katar deelneem nie. Dit volg op die besluit van die Internasionale Judo-federasie dat Russe en Belarusse neutraal mag deelneem. Die Internasionale Olimpiese Komitee het verlede maand aanbeveel dat deelnemers van die twee lande toegelaat word om as neutrales aan internasionale kompetisies deel te neem. Oekraïne beweer talle Russiese joduka is militêr aktief. Die oorloggeteisterde land verbied sy nasionale sportspanne om aan byeenkomste deel te neem indien mededingers van Rusland en Belarus deelneem.