Oekraïnse joernalis sterf in Russiese aanhouding

Oekraïne sê hy ondersoek die dood van ‘n Oekraïnse joernalis in Russiese gevangenskap, wie se eerstehandse verslae vroeg ná Moskou se inval die lewe onder Russiese besetting beskryf het. Die 27-jarige Viktoria Roshchyna het in Augustus 2023 verdwyn toe sy na die besette oostelike Oekraïne gereis het om verslag te doen. Rusland het verlede April erken sy word aangehou. Verslaggewers Sonder Grense sê Roshchyna se familie het ‘n brief van die Russiese ministerie van Verdediging ontvang waarin hulle meegedeel is dat sy op 19 September dood is.