Oekraïnse inval in Rusland raak 120 000 burgers

Oekraïne se magte het verder in Rusland se Koersk-streek gevorder, terwyl Kiev sê dat sy winste ‘n strategiese buffersone sal bied om sy grensgebiede teen Russiese aanvalle te beskerm. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het top-amptenare ontmoet om die humanitêre situasie en moontlike vestiging van militêre administrasies in die besette gebied te bespreek. Volgens die Oekraïne oorskry hierdie gebied 1 000 vierkante kilometer. ‘n Verdediging en sekuriteit ontleder, Michael Clarke, het op SkyNews die situasie verduidelik.