Oekraïnse hommeltuigaanval gefnuik
Rusland sê lugafweerstelsels het al 38 hommeltuie vernietig wat die Oekraïne vroeg by die Krim-skiereiland gelanseer het. Media het berig oor kragtige ontploffings in die hawe van Feodosia. Die Russiese ministerie van verdediging het nie gesê of daar enige skade of ongevalle was nie. Padverkeer naby Feodosia is aansienlik beperk en verkeer op die brug wat die Krim-skiereiland met die Russiese vasteland verbind, is vir ‘n paar uur gestaak.