Oekraïnse dansers vind nuwe tuiste in Spanje
Spanje se Nasionale Dansgeselskap help talle beroepsdansers wat ly weens die oorlog in Oekraïne. Verskeie klassieke dansers wie se lewens omgekeer is, is in staat gestel om by die dansgeselskap aan te sluit en ‘n nuwe tuiste te vind. Een van die dansers, Anastasia Kovalevska, sê sy kon haar nooit indink die dag voor die inval sou haar laaste repetisie in Oekraïne wees nie. Hulle word gehelp om hulle dokumentasie uit te sorteer, asook met die verkryging van maatskaplike sekuritieitskaarte en selfs gratis tandheelkundige behandeling.