Oekraïnse aanvalle in Rusland duur voort

Die Oekraïne het ‘n hommeltuig-aanval op Rusland se Marinovka militêre vliegveld in die suidelike Russiese streek Volgograd uitgevoer en ‘n stoorplek vir sweefbomme en brandstof getref, volgens ‘n sekuriteitsbron in Kiëf. Reuters berig die aanval was deel van ‘n veldtog van Oekraïense hommeltuigaanvalle op Russiese vliegvelde wat deur oorlogsvliegtuie gebruik word om gereelde aanvalle op teikens in die Oekraïne uit te voer. Die bron het gesê die aanval was ‘n gesamentlike operasie deur die Veiligheidsdiens van Oekraïne en die land se spesiale magte.