Oekraïne wil meer teikens in Rusland aanval, vra toestemming
Oekraïne sê hy sal sy bondgenote aanmoedig om sy troepe meer vryheid te gee om militêre teikens in Rusland aan te val nadat Amerika beperkings gedeeltelik opgehef het, op die gebruik van wapens wat die Weste geskenk het. Washington het Oekraïne verlede week beperkte toestemming gegee om Westerse wapens te gebruik om sommige militêre teikens op Russies grondgebied aan te val. Die kwessie verdeel Oekraïnse ondersteuners, met party wat huiwerig is om Oekraïne toestemming te gee vir oorgrens-aanvalle, uit vrees dat hulle by direkte konflik met Moskou betrek kan word.