Oekraïne vra uitstel by Fifa vir wedstryd

Die wêreldbeheerliggaam Fifa het bevestig hy het ‘n versoek van die Oekraïnse sokkervereniging ontvang om sy uitspeelwedstryd vir die wêreldbeker-halfeindstryd teen Skotland uit te stel. Die lande sou op die 24ste van die maand by Hampden kragte meet. Sport in Oekraïne is opgeskort nadat Rusland die land ingeval het. Fifa sê hy werk saam met Uefa en die Skotse sokkervereniging om ‘n geskikte oplossing te vind. Die wenner van die uitspeelwedstryd sal óf teen Wallis óf teen Oostenryk meeding vir ‘n plek in die Katar 2022 wat op 21 November begin.