Oekraïne vra Chelsea-sokkerklub se Russiese eienaar se ondersteuning

Sokker: Oekraïne het die Engelse klub Chelsea se Russiese eienaar se ondersteuning gevra om die land te help om ‘n vreedsame oplossing met sy vaderland te bewerkstellig. Roman Abramovich word beskou as ‘n goeie vriend van die Russiese president, Vladimir Putin. Hy sê hy het reeds sy hulp beloof. Abramovich het die naweek aangekondig hy oorhandig wat hy noem die rentmeesterskap en versorging van Chelsea aan die trustees van die klub se liefdadigheidstigting. Dit is nog nie duidelik of hy ‘n teiken van Westerse sanksies teen Russiese individue en maatskappye gaan wees nie.