Oekraïne-vliegramp: Zelensky spreek Davos toe

Oekraïne het ‘n spesiale komitee saamgestel om die oorsaak van ‘n helikopterongeluk in die dorpie Brovary, oos van Kiëf, te ondersoek. Veertien mense, insluitend een kind is in die ongeluk dood. Die helikopter met senior amptenare aanboord, waaronder Oekraïne se minister van binnelandse sake, Denys Monastyrsky, sy adjunk en ‘n staatsekretaris, het naby ‘n kleuterskool neergestort. Vyf-en-twintig mense, insluitend elf kinders, is beseer. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het die ongeluk as ‘n verskriklike tragedie beskryf en het wêreldleiers by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek en ‘n minuut se stilte gevra.