Oekraïne verwoes derde brug oor Seym-rivier
Oekraïnse magte het die derde en laaste brug oor die Seym-rivier in Rusland se Koersk-streek getref. Die brûe is ‘n belangrike deel van die streek se padnetwerk en hulle verwoesting of beskadiging kan logistiek vir Rusland aansienlik bemoeilik. ‘n Sleutel pro-oorlog Russiese blog-skrywer Yuriy Podolyaka sê Russiese magte in die gebied moet nou staatmaak op pontbrûe. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky het vroeër gesê hy wil ‘n buffersone op Russiese grondgebied skep. Russiese troepe het egter die dorp Niu-York in die ooste van die Oekraïne verower. Hulle het die Russiese vlag gehys en die dorp Novgorodske herdoop.