Oekraïne val Russiese oliedepots aan

Reuters berig dat ‘n hommeltuig ‘n olie-reservoir in Kotelnich in Rusland se Kirov-oblast, meer as 1 500km van die Oekraïense grens, aangeval het. Dit is onduidelik of die hommeltuig Oekraïens was. Die aanval kom nadat hommeltuie wat deur Oekraïne gelanseer is, verskeie olietenks aan die brand gesteek het by die Glubokinskaya-oliedepot in Rusland se Rostov-oblast, net oorkant die grens van die Oekraïne se Luhansk-oblast. Die Baza-televisiekanaal sê drie tenks brand ná aanvalle deur twee hommeltuie. Die Glubokinskaya-aanval het plaasgevind terwyl tenks nog aan die brand is by ‘n ander Rostov-oliedepot in die Proletarsk-distrik, 10 dae nadat dit aangeval is.