Oekraïne soek nog 500 000 soldate

Oekraïne het die land se militêre mobilisering-ouderdom verlaag van 27 tot 25 om meer soldate te kry vir die oorlog teen Rusland. President Volodymyr Zelensky het die wet onderteken nadat vrywilligergetalle gedaal het. Hy het in Desember aangekondig Oekraïne het nog ‘n half-miljoen soldate nodig om Moskou se aanslag af te weer. Daar word berig Zelensky het in Februarie gesê 31 000 Oekrainse soldate het reeds gesneuwel, terwyl Amerikaanse amptenare die aantal op minstens 70 000 stel, met tot 120 000 beseer.