Oekraïne soek baie meer soldate

President Volodymyr Zelensky sê Oekraïne se weermag wil tot 500 000 bykomende soldate mobiliseer, teen die agtergrond van die oorlog met Rusland wat die tweejaarmerk nader. Op ‘n nuuskonferensie in Kiev het Zelensky erken sy bevelvoerders se werwingsplanne is ‘n netelige en duur kwessie. Hy sê hy het meer besonderhede nodig voordat hy die stap kan steun, wat daarop dui dat daar reeds ‘n halfmiljoen soldate aan die front is. Zelensky se kommentaar kom te midde van terugslae rakende hulp van Amerika en die EU.