Oekraïne se parlement wil Oekraïnse Ortodokse Kerk verbied
Oekraïne se parlement het gestem dat die Oekraïnse Ortodokse Kerk wat Russiese bande het, verbied word. Die kerk word beskuldig dat hy vir Moskou kant kies. Kiëf probeer al jare lank geestelike bande met Rusland verbreek. Dit is versnel ná Moskou se inval in 2022, wat deur die kerk ondersteun is. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê die verbod sal sy land se geestelike onafhanklikheid bevorder. Die Russies-Ortodokse Kerk se woordvoerder, Vladimir Legoida, sê die stemmery is onregmatig en ʼn skending van die basiese beginsels van gewetensvryheid en menseregte.